Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ek is 'n volstruis" deur MATTHEWS PHOSA
"Ek is 'n volstruis" deur MATTHEWS PHOSA [boodskap #50614] Sun, 23 September 2001 14:14
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

EK IS ‘N VOLSTRUIS
Matthews Phosa

die volstruis
‘n voël na my hart
ek het haar bestudeer en begryp
nou wil ek haar naboots

die volstruis weet waarom sy border toe gaan
sy doen dit as sy haarself moet verdedig
haar eiers en kleintjies moet beskerm
teen die aankomende gevaar

wie verdedig julle, die swart “border-gangers”?
wie se nes verdedig julle
wie se kleintjies?
ek wens julle was volstruise
en het geweet wat goed is vir julle

ek sal nooit 'n berg bou
voor die rivier wat in my rigting vloei nie
ek is mos 'n volstruis
daardie water is nodig
om my droë land te benat
om die vuur van my brand te blus

ek is 'n volstruis
voël van my hart
Vorige onderwerp: "Litanie van die lyf" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "Pella lê 'n kruistog ver..." deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 07:04:32 UTC 2025